B2Gold-myn se arbeidsdispuut in NV bespreek

Die kwessie van die geskorste werknemers by die B2Gold-myn is vandag in die Nasionale Vergadering aangespreek. Die minister van arbeid, Utoni Nujoma, het gereageer op vrae van mede-parlementslede nadat die vergadering tussen die ministeries van arbeid en myne, die bestuur van die myn en die vakbond, die Mynwerkers-unie van Namibië, plaasgevind het. Nujoma sê die arbeidswet was verkeerd geïnterpreteer en na die vergadering is besef dat daar ‘n behoefte aan verdere gesprekke is.