B2Gold het ‘n hart van goud

B2Gold Namibia ondersteun vroeë kinderontwikkeling in die Nakayale Privaat Akademie in die Omusati-streek, wat in 2016 oopgemaak het. Die skool poog om gehalte-onderrig aan wees- en gemarginaliseerde kinders in die streek te verskaf. Die akademie het 181 studente in ses grade, en beplan om oor die volgende twee jaar tot ‘n volle laerskool te groei. B2Gold bied finansiële ondersteuning, wat help om opvoedkundige voorrade en toerusting te bekom en om goed opgeleide personeel in diens te neem. Gesonde daaglikse maaltye word ook voorsien, asook verblyf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met John Roos, B2Gold se landsbestuurder, wat die nuutste deel oor die akademie.