Avo’s… nou beskikbaar regdeur die jaar

Suid-Afrikaanse avokado’s sal nou dwarsdeur die jaar op Suid-Afrikaanse winkelrakke wees. Een van die land se voorste produsente, ZZ2 in Limpopo, het tien nuwe variëteite bekend gestel wat op verskillende hoogtes bo seespieël geplant en op verskillende tye van die jaar geoes word. Die maatskappy se boorde wat laer geleë is, word in Maart geoes terwyl boorde wat hoër bo seespieël is tot laat in Desember vrugte lewer. ‘n Woordvoerder sê hierdie reeks plaaslike avokado’s sal bydra om kostes te verlaag wat verbind word met avokado’s van buitelandse markte.