Avo-oes stel teleur

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Avokadokwekers, Clive Garrett, sê die land se avokado-seisoen was teleurstellend. Hy sê volumes is laer as verwag en die huidige oes word nou op 16 miljoen uitvoer-houers van 4 kilogram elk geraam. Hy het die kleiner oes toegeskryf aan die koue weer in September verlede jaar en die buitengewone hoë reënval in Januarie en Februarie vanjaar. Die hael aan die begin van die maand in Mbombela in Mpumalanga sal ook ‘n invloed op volgende jaar se oes hê omdat heelwat bloeisels afgeslaan is.