Prokureur-generaal hersien kontrakte vir verkoop van olifante

Die Namibiese ministerie van die omgewing sê die ooreenkomste in verband met die verkoop van die 170 olifante is tans by die prokureur-generaal. Op die oomblik word die kontrakte noukeurig deurgegaan sal volgens berigte binnekort voltooi wees. Daar is vroeër berig dat vyf aanbiedinge ontvang is en dat belangstelling wyer is as net die SAOG-streek. Die ministerie beoog om meer as die 13,6 miljoen Namibiese dollar, wat voorheen aangevoer is as die totale aanbod, uit die verkoop te maak. Die olifante is vanuit die noordweste en noordooste van die land waar toenemende konflik met die diere plaasvind.