Oshana-streeksrede vandag

Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, sal na verwagting vandag sy streeksrede lewer. Irimari het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sy toespraak sommige van die sleutelkwessies, soos die begroting vir 2021, asook die prestasies van die streek die afgelope jaar, sal insluit.