Een passasier, in sitplek 11A, oorleef Indiese vlugramp

Air India het bevestig dat 241 van die 242 mense op vlug AI-171 wat Donderdag in Ahmedabad neergestort het, dood is. Daar was 230 passasiers en 12 bemanningslede aan boord. Die enigste oorlewende, Britse burger Vishwash Kumar Ramesh, was in sitplek 11A op die Boeing 787-vlug na Londen. Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie en word in ‘n hospitaal behandel. Ian Petchenik, Flightradar 24 se kommunikasie-direkteur, het met Matt Barbet van Sky Today oor die moontlike oorsake van die ramp gesels.