Lugballonongeluk eis minstens agt lewens 

Ten minste agt mense is Saterdagoggend in Brasilië dood in ‘n warmlugballonongeluk. Die goewerneur van Santa Catarina het in ‘n plasing op X gesê daar was 21 mense aan boord van die ballon in die stad Praia Grande. Die ballon het naby ‘n gesondheidsentrum neergestort en 13 mense, insluitend die vlieënier, het die ongeluk oorleef. Brasilië se president Luiz Inácio Lula da Silva het op X sy solidariteit met die families van die slagoffers uitgespreek. Praia Grande is in die suide van Santa Catarina en is ‘n gewilde toeristebestemming. Die stad is bekend vir sy ballonvaartaktiwiteite.