Shangula bespreek openbare vervoer

Shangula, het ook rakende die nuwe Covid-maatreëls die kwessie bespreek oor openbare vervoer wat slegs met die helfte van die voertuig se kapasiteit met passasiers gevul mag word. Shangula sê dit is om sosiale afstand te verseker en dit is van toepassing op alle openbare vervoer in die land. Shangula verduidelik.


Toeriste mag Namibië besoek

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die land toegespreek oor die nuwe Covid-regulasies. Daar heers veral verwarring in die Namibiese toerismesektor. Shangula het gesê reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom. Hy sê toeriste met vooraf bespreekte reisplanne kan na hul bestemmings voortreis.


Lang wintervakansie vir pre-primêre tot graad 9

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die pre-primêre fase tot graad 9 en verskeie fases van skole vir leerders met intellektuele uitdagings landswyd vir die wintervakansie vanaf 25 Junie tot 26 Julie gesluit sal wees. Daar sal ook nie eksamens vir hierdie leerders wees nie. 


Wes-Kaapse leerders dalk 26 Julie terug skool toe

Die Wes-Kaapse staande komitee oor onderwys het vergader om die provinsie se onderwysdepartement se gereedheid te bespreek vir die volle heropening van laer- en spesiale skole se leerders in graad R tot 7. Die Suid-Afrikaanse pediatriese vereniging beveel aan dat leerders op 26 Julie terugkeer skool toe. ‘n DA-woordvoerder, Lorraine Botha, sê volgens ‘n opname van die onderwysdepartement kan 328 skole 100 persent leerders hanteer terwyl hulle Covid-19-protokol nakom.


Maatskaplike aktivis sê baie te doen vir Afrikakind

Bertha Tobias, ‘n maatskaplike aktivis, sê dat daar baie deur regerings gedoen moet word om te verseker dat die beginsels van demokrasie verryk word op ‘n manier wat die dringendheid van die behoeftes van die Afrikakind prioritiseer. Tobias het hierdie sentimente ter herdenking van die Dag van die Afrikakind op die Facebook-blad van The Namibian gedeel.


Eg Namibiese film, Woestynpsalm, vorder goed

Die pre-produksie van Woestynpsalm, ‘n eg Namibiese vollengte Afrikaanse rolprent van die Namibiese filmmaker Ben van der Walt, is voltooi. Volgens die 22-jarige Van der Walt, ‘n student aan die Kanbar Instituut vir Film en Televisie van New York Universiteit se vooraanstaande Tisch Skool vir Kunste, sal die post-produksie begin. Van der Walt, wat ook die skrywer en regisseur van Woestynpsalm is, moes in Maart 2020 na Namibië terugkeer, net voordat die VSA se grense as gevolg van Covid-19 gesluit is.   


Tshwane begin paaie opknap

Die stad Tshwane het amtelik afgeskop met sy sy pad-rehabilitasieprogram. Die program het ‘n begrotingstoekenning van 36 miljoen Namibiese dollar ontvang en sal aandag gee aan die vernuwing van paaie in die omgewing om te verseker dit voldoen aan aanvaarbare standaarde. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die program is belangrik aangesien hulle poog om die vervalle padinfrastruktuur wat nie deur vorige administrasies in stand gehou is nie, te vernuwe.