Malema gekritiseer oor hy omstrede sigaretbaas se dogter se eilandtroue bywoon

Die EFF-leier Julius Malema maak opslae op sosiale media met foto’s van hom en sy vrou wat ‘n eilandtroue van die die omstrede sakeman en sigaretbaas Adriano Mazotti se dogter op Ibiza bywoon. Malema is op sosiale media gekritiseer vir sy afwesigheid in Suid-Afrika “terwyl die land uitmekaar val”. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Tambo, sê Malema se besoek aan Ibiza is persoonlik en dat die ekskursie nie deur die EFF gefinansier word nie.