Greenpeace sê Afrikaleiers moet ooreenkoms vir plastiekbesoedeling onderteken

Die omgewingsorganisasie, Greenpeace Afrika, sê die voorgestelde ooreenkoms om plastiekbesoedeling te bekamp is ‘n geleentheid vir Afrikaleiers om hulle toewyding aan die oplossing van hierdie probleem te bewys. ‘n Woordvoerder, Erastus Ooko, sê die ooreenkoms word volgende maand ter tafel gelê wanneer nasionale regerings en multinasionale organisasies byeenkom vir die volgende sitting van die Verenigde Nasies se Omgewingsvergadering. Meer as 70 afgevaardigdes het in aanloop tot die vergadering ‘n verklaring onderteken wat die gebruik van onnodige plastiekverpakking verbied en ondersteuning uitspreek vir die ontwikkeling van hergebruikstelsels.