Vertroue moet verdien word – Alweendo

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het vandag ‘n perskonferensie gehou in verband met die aantygings van korrupsie teen hom en van sy senior amptenare wat op sosiale media gemaak is. Daar word beweer dat 50 miljoen Namibiese dollar in omkoopgeld ontvang is van Xinfeng Investment, wat litium naby Omaruru ontgin, om te keer dat die eksplorasielisensie vir Karlowa Mining Enterprises, wat aan Timoteus Mashuna behoort, hernu word. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur. Alweendo sê dit wil voorkom asof die publiek hulle nie vertrou nie.