Stad Windhoek herinner inwoners oor wateronderbrekings

Stad Windhoek lig inwoners van wateronderbrekings volgende week in. Die rede is weens beplande onderhoud aan pyplyne by die Pionierspark-reservoir. Volgens Lydia Amutenya, kommunikasiebeampte van die stad, sal die wateronderbrekings op Donderdag 26 Oktober vanaf die oggend nege-uur tot die middag twaalf-uur in ou Akademia, Pionierspark, Rocky Crest, Hochlandpark wees.