Aussie-vroue behou reeks om die AsJuly 17, 2023
Australië het die vroue se reeks om die As behou ná ‘n drie-lopie-sege teen Engeland in die tweede eendagwedstryd by die Ageas Bowl in Southampton. Die besoekers het 282 vir sewe in hulle 50 boulbeurte behaal met Ellyse Perry wat 91 daarvan aangeteken het. Nat Sciver-Brunt, wat met ‘n onoorwonne honderd-en-elf van 99 balle spog, kon nie die tuisspan ‘n oorwinning besorg nie. Alana King en Ashleigh Gardner het elkeen drie paaltjies platgetrek. Australië se kaptein, Alyssa Healy, sê dis baie spesiaal om die As-reeks te behou: