SA man 25 tronk toe vir bakkerymoord

In die buurland is ‘n drie-en-veertigjarige man in die Mafikeng-hooggeregshof in Noordwes tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en roof. Orapeleng Patrick Ratilodi se inhegtenisneming het gevolg op ‘n voorval in 2018 in die Mogopela-distrik in Taung. ‘n Polisiewoordvoerder, Aafje Botma, sê ‘n bakkery se werknemer is tydens ‘n rooftogpoging doodgeskiet.