Ausie dinosourus so groot lank soos basketbaan

Autraliese wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie wat in 2007 ontdek is as die grootste ooit op dié vasteland geklassifiseer. Die Australotitan cooperensis of suidelike reus is een van die 15 grootste dinosourusse in die wêreld. Kenners sê die titanosourus sou tot ses en ‘n half meter hoog en 30 meter lank wees. Dit is so lank soos ‘n basketbalbaan. Sy geraamte is eers op ‘n plaas in die suidweste van Queensland ontdek. Hierdie dinosourusse het in die Kryttydperk, 92 tot 96 miljoen jaar gelede, op die vasteland rondgeloop.