Argentynse veeboere ruk op

Veeboere in Argentinië betoog omdat die uitvoer van beesvleisprodukte gestaak is. Die land is, naas Brasilië, die tweede grootste beesvleis-verskaffer aan China, maar moes uitvoere vir ‘n maand opskort weens inflasie. Die groot vraag vanuit China het blykbaar die vleisvoorraad in Argentinië verminder, wat daartoe gelei het dat pryse met meer as 60 persent gestyg het. Volgens kenners het die hoë koste van beesvleis wêreldwyd gelei tot ‘n tekort aan slaghuiswerkers asook stygende voerkoste. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *