Auas-Gerus transmissielyn met 6 maande vertraag

NamPower sê Covid het die voltooiing van sy 630 miljoen Namibiese dollar projek vir die Auas-Gerus transmissielyn met ses maande vertraag. Die 287 kilometer lange lyn, wat deur Tsumeb-gebaseerde Power Line Africa gebou word en van Auas-substasie naby Dordabis na Gerus-substasie naby Otjiwarongo strek, sou oor ‘n tydperk van 18 maande voltooi word nadat werk in Augustus 2021 begin het. Volgens Tangeni Kambangula, woordvoerder by NamPower was daar veral vertragings in die aflewerings van onderdele, transmissietorings en geleiermateriaal. Sy voeg dat die voorbereiding van die roete waarop die lyn loop, is reeds ontbos en skoongemaak. Die konstruksie van die toringfondamente is ook reeds amper voltooi. Meer as 150 werksgeleenthede is met die projek geskep is en die meerderheid van die projekwaarde is behoue in die land met slegs materiaal wat nie plaaslik verkry kon word nie wat ingevoer is.