AstraZeneca toets nuwe weergawe teen Beta-variant

AstraZeneca, in samewerking met Oxford-universiteit, het begin om ‘n aangepaste weergawe van sy entstof op mense te toets, berig internasionale media. Dié nuwe weergawe is spesifiek gemik om mense teen die sogenaamde Beta- of Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 te beskerm.