Ivermektien steeds onder die loep

Invermektien oorheers steeds die openbare ruimte met ‘n beroep dat dit toegelaat moet word om as Covid-behandeling gebruik te word. Onlangs het ‘n groep dokters probeer om die Namibiese regering te oortuig om die gebruik van die middel wat bekend is vir dieremedisyne, toe te laat. Dr. Steven Hong, ‘n kliniese takhoof vir die sentrum vir siektebeheer in Namibië, het by die debat aangesluit en gesê dat daar min bewyse is om die idee te ondersteun.