AstraZeneca se Covid-teenliggaam-middelmengsel verminder erge siekte en dood

‘n Studie oor die later stadiums van Covid-19 het onthul AstraZeneca se eksperimentele Covid-19-teenliggaam-middelmengsel het erge siekte en dood beduidend verminder in pasiënte wat nie in hospitale opgeneem is nie. Volgens die studie verminder die AZD7442-middel die gevaar om erge Covid-19 te ontwikkel of te sterf met 50 persent in pasiënte wat sewe dae of minder simptome toon. Die uitvoerende visepresident van biofarmaseutiese navorsing en ontwikkeling by AstraZeneca, Mene Pangalos, sê vroeë ingryping met die teenliggaam verminder die moontlikheid van erge siekte en verskaf tot ses maande lank beskerming.