Nuwe lugtoegangkomitee gestig om lugverkeer te bevorderOctober 11, 2021


‘n Nuwe lugtoegangkomitee is gestig om verkeer tussen die OR Tambo Internasionale Lughawe en ander belangrike streeks- en internasionale toerisme-markte te bevorder. Die Gautengse Toerisme-owerheid, die provinsie se groei- en ontwikkelingsagentskap en die Lughawemaatskappy sal in die komitee dien. Planne sluit in die ontwikkeling van lugroetes en strategiese vennootskappe. Volgens die waarnemende uitvoerende hoof van Toerisme-owerheid, Barba Gaoganediwe, wil hulle ook die Lanseria-lughawe ontwikkel as poort na ander bestemmings in Afrika. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *