TUT-kundiges ondersoek nuwe boerdery-tegnologie

Twee vooraanstaande professore van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het die belangrikheid benadruk van nuwe tegnologie vir presisie-boerdery. Anish Kurien en Nico Steyn se navorsing is daarop gemik om die gaping tussen teorie en praktyk te oorbrug, om te verseker dat die jongste tegnologie boere en verbruikers bevoordeel. Die professore sê data-gedrewe insigte en voorspellende analise stel boere in staat om ingeligte besluite te neem wat produktiwiteit verbeter, terwyl die uitwerking op die omgewing tot die minimum beperk word.