Jeug stel nie belang in lenings nie

Die Ontwikkelingsbank van Namibië se Bestuurder vir die Noordelike Streke Fillemon Nditya het sy teleurstelling uitgespreek oor die bywoning van jongmense by die bank se konsultasies oor sy pakette vir vaardigheidsgebaseerde finansiering. Die bank het die Kunene-streek besoek en nie veel belangstelling by jong mense in Opuwo, Khorixas, Kamanjab en Outjo gesien nie. Die pakette stel finansiering vir jongmense beskikbaar om volgens hulle vaardighede besighede te skep en sodoende werk te skep. Daar is 450 miljoen Namibiese doller beskikbaar. Die lenings is daargestel as gevolg van die pandemie om die ekonomie te stimuleer werkloosheid te beperk. Die Kunene-streek gaan gebuk onder armoede en werkloosheid en ontvang op die oomblik voedselbystand en droogte verligting.