Aspen en Johnson & Johnson stel Covid-ooreenkoms bekend

Aspen Pharmacare het sy vennootskap met Johnson en Johnson bekend gemaak om Covid-entstowwe in Afrika te verpak, te verkoop en te versprei. Aspen se uitvoerende hoof, Stephen Saad, sê die nuwe vennootskap, wat handel dryf onder die naam Aspenovax, sal help om die entstowwe meer toeganklik te maak in Afrika-lande.

Saad sê Aspen sal teen Junie met die verskaffing van sy Covid-entstof begin.