Honde-eienaar kry karkas by kapana-verkoper

‘n Eienaar van twee gesteelde honde, ‘n pitbull en ‘n boerboel, het ‘n skok-ontdekking gemaak toe hulle die karkas van die vermiste boerboel by ‘n kapana-verkoper in die DRC informele nedersetting op Swakopmund gevind het. Die pitbull word nog steeds vermis. Die kapana-verkoper is in hegtenis geneem in verband met die slag van ‘n dier sonder die eienaar se toestemming. Die Swakopmund-buurtwag bied ‘n beloning van 1 000 Namibiese dollar aan vir inligting wat kan lei om die pitbull te vind. Intussen het die nasionale direkteur van die Dierebeskermingsvereniging, Hanna Rhodin, gesê Windhoek het nie so baie gevalle van hondediefstal nie.