Ashleigh Barty onttrek aan die Italiaanse Ope weens armbesering

Tennis: Die wêreld se voorste vrouespeler, Ashleigh Barty, het in die kwarteindronde van die Italiaanse Ope weens ‘n besering onttrek – slegs twee weke voor Roland Garros. Die eerste gekeurde Australiër het 6-4, 2-1 voorgeloop toe sy behandeling moes kry tydens haar wedstryd teen die Amerikaner Coco Gauff. Die Vroue-tennisvereniging sê Barty het haar regterarm beseer.