SA regering veroordeel aanvalle van Israel op Palestyne

Die Suid-Afrikaanse regering het die aanvalle van Israel op Palestynse burgers veroordeel.Die buurland se regering het gevra vir ‘n ondersoek na moontlike oorlogsmisdade en gesê die saak moet na die Internasionale Strafhof verwys word. Intussen het ANC-leiers en ander groepe ‘n beroep op die regering gedoen om die ambassade van Israel in Pretoria te sluit. Die koalisie Boycott, Divestment and Sanctions hou betogings oral in Suid-Afrika teen wat hy as Israelse oorlogsmisdade beskryf. Die organisasie sê vandag is die 73ste herdenking van die Nakba of katastrofe waartydens 750-duisend Palestyne uit hulle geboorteland verdryf is.