Nuwe Zoeloe koning word nou deur die koninklike familie aanvaar

Lede van die Zoeloe koninklike familie in Suid-Afrika, het ooreengekom om die strydbyl te begrawe en agter die nuwe koning, MisuZulu kaZwelithini, te verenig. Dit was die uiteinde van ‘n vergadering by die koninklike-paleis in KwaZulu-Natal om die onderstrominge te bespreek. Sommige familielede was openlik ontevrede oor sy aanwysing na die dood van sy ma, koningin Mantfombi Dlamini Zulu. Onder hulle was prins Thokozani Zulu, wat glo nie by die vergadering was nie.