Arrestasie van Transnet-base verwelkom

Die DA het vandag se inhegtenisneming van Transnet se gewese groephoof, Brian Molefe, en die gewese finansiële hoof, Anoj Singh, verwelkom. Die party sê hy vra al lankal dat hulle in hegtenis geneem moet word in verband met ‘n korrupsie en bedrog-saak van 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Glynnis Breytenbach van die DA sê die Guptas en ANC-kaders het tydens Molefe en Singh se bewind Transnet as hulle persoonlike spaarvarkies gebruik: