Hoekom al die toetse, oor drie jaar? Ons was mos al op die maan?

Die Artemis 1-sending het almal vreeslik opgewonde. Dit is die eerste sending na die maan in 50 jaar. Daar is baie beplanning. Vandag se sending sal net om die maan wentel, en dan terugkeer. Volgende jaar is nog ‘n sending wat ruimtevaarders ook om die maan sal laat wentel en sonder ‘n landing terugbring. Eers in 2025 sal daar weer gepoog word om met bemanning op die maan te land. Maar hoekom soveel toeste vir ‘n sending wat reeds plaasgevind het, en dit 50 jaar gelede? Dr. Riaan Steenkamp, hoof van fisika by Unam, het die antwoord…

Die lanseervenster van twee ure begin ongeveer half-drie vanmiddag, Namibiese tyd.