Aroab hou sporttoernooi

Aroab in die verre Suide hou die naweek die Keetmanshoop Landelike Kiesafdeling-sporttoernooi met 27 sokkerspanne en 9 netbalspanne wat sal deelneem. Spanne van Keetmanshoop, Bethanie, Berseba, Karasburg, Ariamsvlei, Noordoewer, Aroab, Koës en Gochas sal deelneem.