Rodney Doeseb stig Karibib-sokkerklub

Die voormalige Brave Warriors-verdediger, Rodney Doeseb, sal nie toelaat dat sy ervaring vermors word nie. Doeseb bly in die klein dorpie Karibib in die Erongo-streek waar hy en twee vriende ‘n sokkerklub, die Karibib-sokkerklub, gestig het. Die doel van die klub is om jong seuns van die strate af en met iets produktiefs besig te hou. Doeseb het met Kosmos 94.1 gesels.