Kanovaart-kampioenskap in Kaapstad

Die Suid-Afrikaanse marathon-kampioenskap begin môre by die Peninsula Kanoklub in Zandvlei, Kaapstad. Die organiseerders sê die land se beste marathon-roeiers sal om nasionale titels meeding sowel as ‘n plek in die nasionale groep wat later vanjaar aan die marathon-wêreldkampioenskap in Roemenië deelneem. Die junior en onder-23 K1-resies word môre voltooi, die senior K1-resies is Saterdag en die K2-resies Sondag. Andy Birkett, Hank McGregor en Bridgitte Hartley is van die bekende name wat meeding.