Arizona se Kari Lake gaan hof toe oor verkiesing

Die Republikeinse kandidaat vir die goewerneur van Arizona, Kari Lake, het verkiesingsbeamptes gedagvaar om die telling en sertifisering van die middeltermynverkiesing uit te daag en om as wenner aangewys te word. Lake was een van die mees hoëprofiel Republikeinse kandidate in die middeltermynverkiesing om voormalige president Donald Trump se valse bewerings van kiesersbedrog in 2020 te ondersteun. Sy eis dat die uitslag ter syde gestel word en dat sy as wenner bevestig word, of, dat ‘n nuwe verkiesing gehou word. Die Demokraat Katie Hobbs is as wenner in die verkiesing verklaar.