Arbeidsonrus by Mashare

Die Namibiese Plaaswerkers-unie in die Kavango-Oos-streek het geëis dat drie werkers by die Mashare-besproeiingsprojek wat verlede maand geskors is, heraangestel word. Herman Kauma, Lukas Kandjimi en Frans Mungenga is geskors nadat hulle glo gedreig het om die maatskappy se eiendom af te brand en nie opdragte van bestuur uitgevoer het nie.