Arbeidsministerie vergader oor ingrypings oor werkloosheid

Werkloosheid in Namibië bly ‘n uiters groot probleem. Die Arbeidsministerie sê hy het sy vier werkskepping-werkswinkels voltooi. Die ministerie sê hy het ondersoek ingestel in die rol wat hy kan speel om meer werk in die land te skep. Daar is bevind dat daar reeds regeringsagentskappe is wat beleid het in verband met werkskepping maar, dat daar geen koördinasie is nie en dat fondse ontbreek en daarom faal die pogings. Die ministerie se woordvoerder Maria Hendimbi sê die minister, Utoni Nujoma, het verskeie planne voorgelê.