SA staatsamptenare gee Ramaphosa sewe dae om op salaris-eise te reageer

Staatsamptenare het President Cyril Ramaphosa ʼn ultimatum van sewe dae gegee om op hulle salaris-eise te reageer. Die duisende werkers, wat deur die Vereniging van Staatsamptenare en die vakbond vir gesondheidswerkers, Hospersa, verteenwoordig word, het vandag ‘n versoekskrif aan amptenare oorhandig by die Tesourie in Pretoria. Die eise sluit in ʼn verhoging van 10 persent en oproepe om die kontanttoelaag van 1 000 Suid-Afrikaanse rand voort te sit. Die waarnemende bedryfshoof van die tesourie, Laura Mseme, het ontvangs van die eise erken.