AR se vakbond wil polisielede werf

Die Affirmative Repositioning-beweging se vakbond, die Revolusionêre Unie wil lede van die Namibiese polisie werf. Plaaslike media berig dat die unie vroeër die week aan die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, geskryf en sy seën gevra om beamptes toe te laat om by die unie aan te sluit. Maar die vakbond sê dat hy beplan om slegs mans en vroue in uniform tydens dissiplinêre verhore te verteenwoordig en nie as ‘n bedingingseenheid vir voordele nie. Hy sê sy versoek spruit uit informele verbintenisse en steekproefopnames tussen hom en polisiebeamptes. Die polisie word as ‘n noodsaaklike arbeidsmag geklassifiseer en word verbied om by werkersvakbonde aan te sluit.