Slaggate word boorgate…

Slaggate is regoor die land ‘n uitdaging met party dorpsrade wat meer uitdagings het as ander. Probleem is, leerlingbestuurders druip op die oomblik hul rybewystoetse omdat hulle nie mag uitswaai vir ‘n slaggat nie. Sidney Boois, die Paaie-owerheid se uitvoerende beampte vir vervoer, sê slaggate kan vinnig boorgate word.