AR se erwe-saak eers op ys

Die Affirmative Repositioning-beweging het vir eers sy saak oor die 200 000 erwe in die hoërhof teruggetrek. Volgens plaaslike media sê die beweging hy oorweeg nog sy opsies en het ‘n advokaat geraadpleeg. Die hooggeregshof het bevind dat die ooreenkoms wat op 24 Julie 2015 tussen Job Amupanda en president Hage Geingob aangegaan is, is nie afdwingbaar nie. Amupanda het oorspronklik geëis dat die regering die erwe voorsien. Die staat het gepoog om die aansoek van die hand te wys wat deur regter Orben Sibeya van die hand gewys is. Die staat het toe geappelleer in die hooggeregshof wat in sy guns bevind het.