AR sal klik op elke korrupsie-poging

Die Affimative Respositioning-beweging het weer beklemtoon dat hy gekant is teen korrupsie en altyd owerhede in kennis sal stel sou sy lede blootgestel word aan pogings om hulle om te koop. Dit volg na die nuus dat ‘n assistent van ‘n minister, wat ook ‘n leier van die Swapo-jeugliga is, gearresteer is nadat hy na bewering gepoog het om ‘n lid van die beweging Pau Pau Katanga probeer omkoop het. Volgens die Teenkorrupsie-kommissie wou die verdagte gehad het die beweging moet ‘n protesaksie teen die regbank reël om die Fishrot-verdagtes vry te laat. Die protes sou met plundery gepaard gegaan het. Die beweging se woordvoerder Simon Amunime, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.