AR hof toe oor sloer van Wetsontwerp op Huurbeheer

Die Affirmative Repositioning-beweging het ‘n beroep op die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gedoen om die Wetsontwerp op Huurbeheer dringend te finaliseer. Die opgestelde wetsontwerp, geoormerk om huurpryse in Namibië te reguleer, wat sedert 2017 onder dié ministerie gehuisves word, is die kabinet se besluit om te vra dat die regering maatreëls instel om huurpryse te reguleer en huidige uitbuiting van huurders deur verhuurders te vermy deur die aanstelling van Huurbeheerrade. Simon Amunime, woordvoerder van die beweging, het gesê die beweging het deur middel van sy regsafdeling ‘n hofsaak teen die ministerie aanhangig gemaak oor die hangende indiening van die wetsontwerp, en beklemtoon dat die uitbuiting van huurders deur hoë huurpryse ‘n tikkende tydbom is.