AR het ook nie koalisie-dokument onderteken nie

Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, sê die opposisie-geleide raad sal dienste aan die stad se inwoners lewer, ongeag daar ‘n geskrewe koalisie-ooreenkoms tussen partye is, of nie. Amupanda het gereageer op berigte dat die koalisie van opposisiepartye aan skerwe lê. Tans lei al die opposisiepartye – Independent Patriots for Change, Popular Democratic Movement en National Unity Democratic Organization – behalwe die Landless People’s Movement, die Windhoekse munispale raad met agt setels, maar sonder ‘n koalisie-ooreenkoms. Simon Amunime, die Affirmative Repositioning se woordvoerder, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die koalisie-ooreenkoms wat nie in plek is nie.