Etunda se oeste lê en vrot

Kleinskaalse boere by die Etunda-skema naby Ruacana sê hulle het hulle oeste ingebring maar, daar is geen mark om die produkte te verkoop nie en dit lê en word vrot. Die huidige ekonomiese uitdagings het hulle genoodsaak om hulle pryse baie te verlaag wat dit weer vir hulle onmoontlik maak om hulle waterverbruik by die skema te betaal. Volgens berigte is daar ongeveer 82 klein produsente by die skema en meeste sê onderhoud word nie op toerusting gedoen nie wat dinge vererger. Produsente plant verskeie groentesoorte en verkoop dit plaaslik. Owerhede in die ministerie van landbou het die boere aangemoedig om Amta te kontak om daar hulle produkte te verkoop.