SA se pensioenfonds vir staatsamptenare vertoon goed

Die Pensioenfonds vir Staatsamptenare in die buurland het ‘n groei van 9,6 persent in die 2021-22-boekjaar behaal. Dit dui op ‘n verhoging van 201 miljard Suid-Afrikaanse rand vanaf die vorige boekjaar. Die fonds is Afrika se grootste pensioenfonds met meer as 1,2 miljoen aktiewe lede, en meer as 450 000 pensioentrekkers en begunstigdes. Die fonds se uitvoerende hoof, Musa Mabesa, sê dit word toegeskryf aan positiewe binnelandse marktoestande, aandelegroei en die stygende prys van verbruikersgoedere: