NamPost-werkers betoog oor salarisverhogings

NamPost het die vreedsame betoging van sy lede van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, oor salarisverhogings bevestig. NamPost het ‘n reeks vergaderings met Napwu oor salarisverhogings gehad, maar die twee partye kon nie ‘n konsensus bereik nie. Napwu eis salarisverhogings van 11,02 persent en NamPost bied ‘n verhoging van 1,5 persent aan. Napwu het ‘n dispuut by die arbeidskommisaris verklaar. Wilson Shikoto, waarnemende bemarking- en kommunikasiebestuur van NamPost, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n vreedsame betoging het vanmiddag plaasgevind.