Angolese vlugtelinge keer terug huis toe

Honderde Angolese burgers wat na Namibië gestroom het om van hongersnood in hul land te ontvlug, keer terug huis toe. Volgens berigte by Etunda waar die meerderheid van die Angolese maande gebly en humanitêre hulp van die Namibiese regering, privaat maatskappye en individue sedert Maart 2021 ontvang het, is hul besittings reeds gepak. Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala sê busse is gereed om hulle terug Angola toe te neem.

Hy het bygevoeg dat dit inderdaad ‘n verligting is.