Angolese kom steeds aan

Angolese burgers wat hongersnood en droogte in die suide van daardie land vlug, kom steeds in Namibië aan. Andreas Shintama, die raadslid vir die Ruacana kiesafdeling het aan plaaslike media gesê hulle huisves tans amper 1 800 vlugtelinge en hulle kom steeds aan. Daar word berig dat van die vlugtelinge gesê het hulle eet elke dag nie. Shintama sê meeste van die vlugtelinge kom die land in die nag in en die hele Omusati-streek het tans groepe van die mense. Hy sê daar is ook berigte uit Opuwo, Outapi en meer waar Angolese werk soek. Owerhede sê die enigste Angolese burgers wat gedeporteer word is die wat onwettig goedere in die land in smokkel en nie die vlugtelinge nie. Die regering en verskeie groot maatskappye het reeds skenkings van kos gemaak.