Meer oor vlugramp in Pionierspark

Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident-ondersoeke het die voorlopige verslag vrygestel oor die Cessna 406-vliegtuig wat op 3 Mei in Pionierspark neergestort en die lewens van drie mense geëis het. Die linkerenjin het gebrand kort na opstyg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hafeni Mweshixwa, mede-ondersoeker by die direktoraat, wat sê die vliegtuig was op ‘n toetsvlug nadat die regtermotor vervang is.

Mweshixwa deel meer inligting oor die verslag en wanneer die finale verslag beskikbaar sal wees.